Humor and Cartoons

Wat is ‘n Pa en Ma (soos gesien deur ‘n kind)


HumorWat is ‘n Pa ? (deur die oë van ‘n kind)


 


Pa’s werk baie hart en het baie papier gelt.  Pa’s hou baie van teevee kyk op Saterdag.  Pa’s wil slaap op Sondag. Pa’s maak braaivlys vir kos en is sterk en sê hille is die baas.


 


Pa’s het visstokke, grawe en baie anner goet in die graatsh en hille vee nie uit en stof af nie.  Pa’s lees as hille kamer verlaat. Pa’s hou van tannies wat nie gelt het vir kleere nie en wat net kostjums dra.

Wat is ‘n Pa en Ma (soos gesien deur ‘n kind) Read More »

Waar is dit?

 Dominee staan een Sondagoggend op die kansel en spreek sy gemeente toe. “Broers en Susters; ek het goeie en slegte nuus!” “Die goeie nuus is dat ons genoeg geld het om die nuwe sentrum te bou!. Die slegte nuus is dat dit nog steeds in julle sakke is…”

Waar is dit? Read More »

UIT DIE OOG EN HART VAN ‘N KIND

HOE VOEL DIT OM
VERLIEF TE RAAK?

  • Soos ‘n sneeustorting, waar jy moet hardloop vir jou lewe. (Roger 9)
  • As dit enigsins is soos om te leer hoe om te spel, wil ek dit nie doen
    nie. Dit vat heeltemal te lank. (Leo 7)

OPINIES OOR DIE LIEFDE?

  • Ek is ten gunste van die liefde, solank dit net nie gebeur terwyl
    “The Simpsons” op televisie is nie. (Anita 6)
  • Liefde sal jou kry, al probeer jy ook daarvoor wegkruip. Ek probeer al
    daarvoor wegkruip vandat ek vyf is, maar die meisies bly my kry. (Bobby 8)
  • Ek is nie haastig om verlief te raak nie. Graad vier is moeilik
    genoeg. (Regina 10)

UIT DIE OOG EN HART VAN ‘N KIND Read More »

Scroll to Top