Wat het van die geld geword?

Laughing‘n Seuntjie kom by die huis aan met ‘n hele sak vol lekkergoed in sy hand.

Sy Ma onthou dat hy al sy sakgeld al opgebruik het.

Heel verbaas vra sy vir hom waar hy die lekkergoed gekry het.

“Ek het dit gekoop met die R5 wat Ma vir my gegee het.”

“Maar dit was vir Sondagskool!!”

“Ek weet Ma, maar Dominee het ons by die deur ingewag en ons kon vandag gratis ingaan…”

Scroll to Top