“Ons lewe was besonders en out of the box,” sê Melanie Mocke, vrou van Johan en ma van Zander (15) wat verlede week gesterf het toe hulle op die Mount Everest-wildplaas brande bestry het. “Ek hanteer hul dood met ’n vrede wat alle verstand te bowe gaan.” Sy beskryf Johan […]
“DIE Here het nie net Ciara volkome genees nie, maar ook my, my vrou en ons as gesin se lewe vir altyd verander.” Só het dr. Ferdi Wesso, die Cheetahs se spandokter, eergisteraand in sy getuienis op ’n dankseggingsdiens gesê nadat sy dogter, Ciara (1), volkome genees is nadat sy
KIMBERLEY. – ’n Kalahari-boer was só oorstelp toe die reën gekom het waarvoor hy so lank gebid het, dat hy in die gietende reën by die stromende water op sy plaas in ’n dankgebed gaan neersak het. Japie van Wyk van Vanzylsrus se seun Henrie was by en het hierdie
PORT ELIZABETH. – Hul vurige gebede in ’n doringboom het die wonderwerk gestuur wat hom en sy gesin gisteroggend in ’n Karoo-kitsvloed net buite Willowmore help oorleef het. Só het ’n oorstelpte Barry Hugo, van Kloof in Durban, gisteroggend telefonies gesê vanuit Willowmore, waar hy, sy vrou, Ester, en Rencia
The prayer walk in Valhalla, Pretoria has reached breakthrough at the Wierdabrug Police Station. One morning the intercession members came to a standstill at the entrance of the Police station and a number of officers came to investigate the “gathering”. After the morning prayer the team was asked by the
Foto: Liza HnatoviczPRETORIA. – Hettie Brittz, vrou van die gospelsanger Louis Brittz, se geloof is nou sterker as ooit.
“My geloof is nou nie net in my kop nie, ek het meer sekerheid dat God my liefhet,” het Brittz op die bekendstelling van haar nuwe boek Kweek dissipline met deernis in Pretoria gesê.
Brittz en haar man is twee jaar gelede in hul huis in Centurion deur gewapende rowers oorval. Sy is verkrag.
“Voor die voorval het ek gevoel ons het nie geloofstoetse nie, ons het dit net te maklik.” Volgens haar het die voorval hulle gehelp om hulle met mense wat deur soortgelyke ervarings is, te vereenselwig.
Foto: Charl DevenishDAG vir dag. Só gaan Bronté Vorster (17), ’n matriekleerling aan die Hoërskool Fichardtpark in Bloemfontein, en haar ma, Antigone (40), die lewe aanpak nadat hulle ses dae gelede alles wat hulle besit in ’n brand verloor het.
Antigone, ’n administrasie-beampte van die Universiteit van die Vrystaat (UV) se eenheid vir studente met gestremdhede, wat gister ontslaan is, was gister nog nie regtig gereed om oor die ontbering te praat nie. Nie nadat sy byna haar kosbaarste besitting – haar dogter – in die brand verloor het nie.
Esmarie Cronjé, hospitaalwoordvoerder, sê Bronté moet nog ’n paar dae vir observasie agterbly.
Foto: Bongiwe GumedeDie Zimbabwiese boer Henry Jackson mag op sy plaas aanbly.
Hy het dié boodskap verlede week in vreemde omstandighede gekry van ’n man wat gesê het hy werk in die president se kantoor.
Dit kom meer as twee maande nadat Jackson deur die plaaslike grondkommissaris en van sy medewerkers mondelings ingelig is dat hy die plaas buite Gweru binne drie maande moes verlaat.
Hy is gedreig dat as hy nie saamwerk nie, hy binne twee uur van die plaas verjaag sal word en nie eens die klere aan sy lyf sou kon saamneem nie.
Jackson het mense toe verstom met die kalm en selfs versoenende manier waarop hy gereageer het en al sy vertroue op God geplaas het om vir hom en sy gesin te sorg.
WELKOM. – Nadat 22 zama-zamas veilig deur reddingswerkers uit die donker mynskag hier gebring is, het dié helde ’n kring by die oop skag gevorm en saam die Here gedank dat alles veilig afgeloop het.
Dié manne van die protospan uit Carletonville, bygestaan deur plaaslike reddingswerkers, het sedert Dinsdagmiddag onverpoos gewerk en teen gister 22 vasgekeerde zamas uit die ou Arm-goudmyn se nr. 3-skag in Welkom gered.
Iemand op die toneel het aan Volksblad gesê die gebede ná die reddings het almal aangegryp en was baie roerend. “Hierdie mense waag hul eie lewe om die oortreders te red. Hulle stap die pad saam met God.”
Teen gistermiddag is na nog twee vasgekeerdes gesoek. Hulle is glo sowat 1,4 km ondergronds op die myn se 37ste vlak. Daar sal eers na lyke gesoek word wanneer al die lewendes gered is.
Die zamas, wat by ’n toe skag ingebreek het, het teen ’n selfgemaakte trapleer in die skag afgeklim toe dit gebreek het.
Foto : Marlene JordaanKROONSTAD. – Toe een van sy aanvallers hom met ’n kettie en tweeduim-ysterghoen skiet, en sy baadjie hom beskerm, het die aanvaller vir hom gesê: “Sien jy, die Modimo (God) keer vir my.”
Was dit nie vir God se ingryping op die dag wat hy en sy vrou op hul plaas by Koppies aangeval is nie, het hy nie vandag geleef nie.