Testimonies / Getuienisse

marlee

The Miracle of a Brother’s Song

marleeMarlee aged 16

Like any good mother, when Karen found out that another baby was on the way, she did what she could to help her 3-year-old son, Michael, prepare for a new sibling. They found out that the new baby was going be a girl, and day after day, night after night, Michael sang to his s sister in Mommy’s tummy. He was building a bond of love with his little sister before he even met her.

The pregnancy progressed normally for Karen, an active member of the the Creek United Methodist Church in Morristown, Tennessee. In time, the labor pains came. Soon it was every five minutes, every three, every minute. But serious complications arose during delivery and Karen found herself in hours of labor. Would a C-section be required?

The Miracle of a Brother’s Song Read More »

MiracleStorieslogo1

Blydskap-getuienis in kerk ontroer

MiracleStorieslogo1Die vrou stap in swart geklee op Paas-Vrydag tot skuins voor die preekstoel langs die nagmaal-tafel en neem dan die mikrofoon met besliste hande.
Daar’s iets berustends, maar ook ’n vonkeling, ’n ongelooflike opgewondenheid en blydskap, in haar oë te bespeur.
Haar stem is sag, bewend, amper onhoorbaar, wanneer sy beskroomd half na regs kyk en verduidelik dat dit maar nog élke keer vreesaanjaend is om so voor mense te praat.

Blydskap-getuienis in kerk ontroer Read More »

seeredding2303

Vissermanne oorleef rowwe see in visserskuitjie

‘n Storm stilgemaak

seeredding2303

(Mnre. Oscar Pick, Eric Liedeman en Dominic Herman, drie van die vier vissers wat byna ter see gesterf het. Foto: Lizané Louw)

“Soos daai storie in die Bybel oor hoe God die waters stil gemaak het, só het ons dit ervaar.”

Mnr. Oscar Pick (30) vertel van die noue ontkoming wat hy en nog drie vissers, mnre. Dominic Herman (29), Eric Liedeman (42) en Isak Arendse (66), in die rowwe see by St. Helenabaai aan die Weskus gehad het.

Hulle het soos gewoonlik die oggend uitgegaan om hul daaglikse brood ter see te gaan verdien.

“Ons vang kreef en verkoop dit of gee dit vir ons gesinne,” sê Pick.

“My oupa het altyd gesê die see sorg goed vir sy vissermanne, maar hy vat ook so nou en dan van sy vissermanne. Gelukkig was dit nie óns lewens nie,” sê Herman.

Manne van ‘n ander skuit het hulle dié dag gebel en gesê hulle moet liewer omdraai, want die wind raak al hoe erger.

Die oomblik toe hulle hul skuit, die Colleen, omdraai, het die wind die skuitjie getref.

“Die skuit het omgeslaan. Ons het in die water beland en moes aan die skuit vasklou,” vertel Pick.

Hulle was eers so 5km van die wal af, maar toe die skuit omslaan en hulle in yskoue water daaraan vasklou, het hulle byna 16?km verder van die wal af gedryf.

Vissermanne oorleef rowwe see in visserskuitjie Read More »

Scroll to Top