Testimonies / Getuienisse

Spanpoging red sakeman

’n Bloemfonteinse man wat gedink het hy het die verkeerde roete gery, was eintlik op die regte pad om ’n bekende sakeman in die stad se lewe te red.


Mnr. Deon van Jaarsveld, ’n bemarker van mediese toerusting, sê hy het gister in spitsverkeer op ’n warboel by die verkeerslig op die hoek van Eerste Laan en Parkweg afgekom.


Hy was op pad na ’n afspraak in die stad en het ’n straat misgery.


Van Jaarsveld sê hy weet nie hoekom nie, maar hy het die verkeerde pad gery en iets het vir hom gesê om stil te hou en te kyk wat aangaan.


Volgens hom was insp. Jakkie Marx van die Bloemfonteinse honde-eenheid, ’n goeie vriend van hom, op die toneel en hy het besef daar is moeilikheid.


“Ek het ’n vrou by ’n man se kop sien sit en huil en besef die man is in die moeilikheid.”

Spanpoging red sakeman Read More »

Slagoffers vergewe rower; saak teruggetrek


Vergewe’n Jong man het gister vry en met “ ’n tweede kansPRETORIA. – uit die Pretoriase streekhof gestap nadat sy slagoffers hom vergewe en saam met hom gebid het en die saak teen hom teruggetrek is.


Mnr. James Baloyi (20) is van ’n ernstige rooftog en poging tot moord aangekla nadat hy in Maart verlede jaar twee vroue in ’n huis in Erasmuskloof, in die ooste van Pretoria, aangeval en beroof het.


Hy het mev. Esther Makgoba, die huiswerker, met ’n mes gesteek. Mev. Bertha Pretorius, die huiseienaar se skoonma, is nie beseer nie.

Slagoffers vergewe rower; saak teruggetrek Read More »

‘Ek sal weer stop om ’n skilpad te red’

Volksblad“DIE Here het ’n plan met my lewe, anders sou ek nou dood gewees het,” sê die Bloemfonteinse man wat deur die dood in die oë gestaar is toe hy ’n skilpad wou red.

Mnr. Dawie Beukes (33) van Waverley het die gebruik van sy linkerarm verloor in ’n ongeluk in die Noord-Kaap, maar sê hy gaan nie dat sy noue ontkoming hom onderkry nie en wil die lewe van ander mense positief verander.

“Daar is baie mense wat beseer is in ongelukke. Ek was amper dood, maar ek gaan nie op ’n hopie sit nie. Ek gaan my slegte ervaring in ’n positiewe een omskep en die mense daar buite wat ook in ongelukke was, motiveer.”

‘Ek sal weer stop om ’n skilpad te red’ Read More »

Scroll to Top