’n Jong man het gister vry en met “ ’n tweede Mnr. James Baloyi (20) is van ’n ernstige rooftog en poging tot moord aangekla nadat hy in Maart verlede jaar twee vroue in ’n huis in Erasmuskloof, in die ooste van Hy het mev. Esther Makgoba, die huiswerker, met ’n mes gesteek. Mev. Bertha Pretorius, die huiseienaar se skoonma, is nie beseer nie.
Die polisie het Baloyi minute ná die rooftog in die veld agter die huis in hegtenis geneem. ’n Polisiehelikopter en ’n menigte polisielede het ná die rooftog na die boosdoener help soek.
Mnr. Myndert Bloem, die huiseienaar, was by toe Baloyi in hegtenis geneem is en het Baloyi toe ’n drukkie gegee en hom in die naam van Jesus vergewe.
Gister het Makgoba én Pretorius in die
“Ek
Pretorius het gesê mense moet hande vat en bid oor misdaad. Sy het hom ook ’n paar rand in die hand gestop om hom op sy voete te help. “Wat hy gedoen het, is verkeerd. In my hart het ek hom vergewe,” het sy getuig.
Bloem het in die
Ook landdros Graham Travers het Baloyi gemaan om die reguit pad te loop. “Ek hoop nie jy sien dié vergifnis as ’n teken van swakheid nie.
Travers het gesê Baloyi kry ’n tweede
Mnr. George Pieterse, die aanklaer, het die saak teen Baloyi teruggetrek. Hy is ná byna ’n jaar in aanhouding ’n vry man. “Ek is dankbaar vir hul vergifnis en belowe as ek hier uitloop, sal ek op die reguit pad bly en verantwoordelik wees,” het Baloyi gesê.
Albei vroue het hom in die
Konst. Os Redelinghuys, wat Baloyi destyds in hegtenis geneem het, het gesê hy is teleurgesteld met die uitslag. “Almal kla oor hoe swak die polisie is, maar as die polisie sy werk doen, wil die publiek nie saamwerk nie,” het hy gesê.
Christel Raubenheimer / Volksblad