Berlyn. – ‘n Duitse kleuter wat deur dokters bygebring is nadat hy meer as drie uur lank klinies dood was, beweer hy het sy oorlede ouma in die hemel gesien.
Die driejarige seuntjie, net bekend as Paul, is na die hospitaal gebring nadat hy in ‘n meer geval het langs sy grootouers se tuin in die dorpie Lychen, noord van Berlyn. Dokters wou net hul reddingspoging laat vaar toe Paul se hart ná drie uur en 18 minute weer klop.
“Ek het nog nooit so iets beleef nie,” het dr. Lothar Schweigerer aan die dagblad Bild gesê.
Sapa-AFP



