Toe ‘n vragmotor van ‘n vervoeronderneming in Nelspruit betrokke was in ‘n ongeluk het die vragmotor bo-op ‘n voertuig tot stilstand gekom en het een van die werknemers sy suster gebel met die woorde:
“Sussa, bid, daar het sopas ‘n ongeluk plaasgevind en die trok sta bo op die kar, bid asb.”
Sy sussie en haar familie het onmiddelik begin bid en in geloof Vader gedank vir die Krag wat Hy na die toneel toe stuur en om Sy Engele opdrag te gee om te gaan help.
Sowat twee ure later bel hy weer en sê;” Sy is uit met net ‘n snytjie aan haar vinger…”
Kyk na die fotos en besluit self watter groot wonderwerk het hier plaasgevind. (kliek op die foto om te vergroot)





