Getuienis

Sjoe vanoggend (5 November 2008) se boodskappies was presies wat ek nodig gehad het.  Ek is ‘n sendeling wat nodig het om ‘n groot besluit te maak, en laas nag het ek baie daarmee geworstel.  Toe ek vanoggend op gestaan het het ek gedink ek gaan dit laat vaar want dit wat ek wil doen is net uit myself.  Wel toe ek vanoggend by die werk jou epos oop maak het die Here dit gebruik om vir my te se dat ek moet oor gaan tot aksie ten spyte van die vrese wat ek het. 
So ek gaan dan vandag oor gaan tot aksie.  Dankie baie vir jou gehoorsaamheid met die gedeeltes.  Dit het al baie oggende vir my iets beteken maar vanoggend het dit vir my gevoel dit kom direk uit die Troonkamer en ek voel skaam dat ek nog enigsins getwyfel het.
Seen vir julle wonderlike werk
E
Scroll to Top