UIT DIE OOG EN HART VAN ‘N KIND

HOE VOEL DIT OM
VERLIEF TE RAAK?

  • Soos ‘n sneeustorting, waar jy moet hardloop vir jou lewe. (Roger 9)
  • As dit enigsins is soos om te leer hoe om te spel, wil ek dit nie doen
    nie. Dit vat heeltemal te lank. (Leo 7)

OPINIES OOR DIE LIEFDE?

  • Ek is ten gunste van die liefde, solank dit net nie gebeur terwyl
    “The Simpsons” op televisie is nie. (Anita 6)
  • Liefde sal jou kry, al probeer jy ook daarvoor wegkruip. Ek probeer al
    daarvoor wegkruip vandat ek vyf is, maar die meisies bly my kry. (Bobby 8)
  • Ek is nie haastig om verlief te raak nie. Graad vier is moeilik
    genoeg. (Regina 10)

 
WAT IS DIE BESTE OUDERDOM OM
OP TE TROU?

  • Vier-en-tagtig, want dan hoef ‘n mens nie
    meer te werk nie, en kan
    julle die hele dag lank vir mekaar lief wees in die slaapkamer. (Judy 8). 

WAT DOEN MENS OP ‘N “DATE”?

  • Op die eerste date, vertel hulle net vir
    mekaar leuens. Dan is hulle gewoonlik so geinteresseerd, dat hulle maklik op ‘n
    tweede afspraak gaan. (Mike 10)

WANNEER IS DIT REG OM
IEMAND TE SOEN?

  • ‘n Mens moet nooit ‘n meisie soen, tensy jy
    genoeg geld het om vir haar ‘n groot ring en ‘n videomasjien te koop nie.
    Meisies wil altyd videos van die troue hê. (Jim 10)

DIE GROOT DEBAT: IS DIT BETER OM ENKEL TE WEES, OF GETROUD?

  • Dit is beter vir meisies om enkel te
    wees,maar nie vir seuns nie. Seuns het iemand nodig om agter hulle skoon te
    maak. (Lynette 9)
  • Dit gee my ‘n kopseer om net aan sulke
    dinge te dink. Ek is net ‘n kind, ek het nie sulke moeilikheid nodig nie. (Kenny
    7)

WAAROM RAAK TWEE MENSE LIEF VIR MEKAAR?

  • Niemand is seker waarom dit gebeur nie,
    maar ek het gehoor dit het iets met hoe jy ruik te doen het. Dit is waarom
    parfuum en deodorant so gewild is. (Jan 9 )
  • Ek dink jy is veronderstel om met ‘n pyl
    geskiet te word, maar die res daarvan is nie veronderstel om so seer te wees
    nie. (Harlan 9)

WATTER PERSOONLIKE KWALITEITE IS NODIG OM ‘N GOEIE MINNAAR TE WEES?

  • Een van julle moet weet hoe om ‘n tjek uit
    te skryf. Want al het julle tonne liefde, gaan daar nog steeds hope rekeninge
    wees. (Ava 8)

MANIERE OM
IEMAND OP JOU TE LAAT VERLIEF RAAK?

  • Vertel hom dat jy ‘n hele klomp lekkergoed
    winkels besit. (Del
    6)

HOE WEET JY TWEE MENSE WAT UITEET, IS
VERLIEF?

  • Kyk of die man die rekening betaal. Dan
    weet jy hy is verlief. (John 9)
  • Dit is beslis liefde as hulle een van
    daardie poedings wat aan die brand is, bestel. Hulle bestel graag sulke dinge,
    want dit is hoe hulle harte voel, aan die brand. (Chistine 9)

HOE MAAK JY SEKER DAT DIE LIEFDE SAL HOU?

  • Spandeer meeste van jou tyd aan jou
    liefie,in plaas daarvan om werk toe te gaan. (Tom 7)
  • Moenie haar naam vergeet nie…………..
    Dit sal die liefdesstorie heeltemal opmors. (Roger 8)

HOEKOM HOU MENSE WAT LIEF IS VIR MEKAAR,
HANDE VAS?

  • Hulle wil seker maak hulle ringe val nie af
    nie, want hulle het baie daarvoor betaal? (Dave 8)
Scroll to Top