Seisoen van mens-wees! (Mense en hulle stories!)

menswees2208

menswees2208Menswees is ‘n storie- ‘n storie met baie kante. Dit is stories van seer en mooi, van alleen-wees en saam met ander leef. Nooit kan ek en jy vasgevang raak in een lewensstorie. Daarom is dit so belangrik dat jy en ek altyd nuwe verhale moet ontdek. Soms is ons so vasgevang in die stories van seer en verwerping dat ons doof word vir die ander mooi verhale in ons lewe. Hierdie negatiewe verhale beinvloed ons keuses en hoe ons oor onsself praat en dink.

Dit vorm ons taal en prentjies van ons lewe. Die sleutel van menswees is om die negatiewe verhale uit te daag en dit te vervang met ander positiewe opbouende verhale. Een so ‘n verhaal is egskeiding en stukkende verhoudings. Hoe beinvloed hierdie soort verhale jou lewe? Hoe dink en voel jy daaroor? Jy kan vasgevang raak in die negatiewe elemente van seer en mettertyd al die nuwe moontlikhede in die lewe misloop.

Hierdie soeke na nuwe stories en verhale kan makliker gemaak word deur ‘n stukkie papier en ‘n persoonlike joernaal. Skryf eers die negatiewe storie wat jou lewe raak en vervang dit op papier met nuwe gedagtes en stories van hoop. Hoe meer jy die nuwe stories van hoop skryf, hoe meer sal jou gedagtes nuut word en stukie vir stukkie is daar hoop en genesing.

Stephan van Heerden (Klipkerk.co.za)

Scroll to Top