Goedhartigheid – 1

Article image




Untitled Document

Article imageAbraham se slaaf is na sy geboorteland gestuur om daar vir Isak ‘n vrou te kry. Die slaaf het by ‘n fontein aangekom en gebid:

‘As sy sê “sekerlik, en ek sal sommer ook vir jou kamele water gee om te drink” – laat dit die een wees wat U gekies het as vrou vir Isak.”’

Rebekka verskyn en sê, ‘”…Sekerlik, Meneer, drink gerus,”…ek sal sommer ook vir jou kamele water skep totdat hulle genoeg gehad het!”‘ (Genesis 24:12-19 NLV).

Rebekka het natuurlik nie geweet dat die ontmoeting met hierdie slaaf haar ganse lewe sou verander nie. In daardie tyd het die gasvryheid wet gegeld en was dit die gewoonte om water vir vreemdelinge aan te bied.

Die Jode het hieraan vas geglo: ‘Moenie nalaat om gasvry te wees nie. Deur gasvry te wees het party mense, sonder dat hulle dit besef, selfs engele tuis ontvang!’ (Hebreërs13: 2 NLV).

Maar water vir tien dorstige kamele? Één kameel kan ongeveer 160 liter water drink!  Dis ‘n halwe dag se werk!  Rebekka was gasvry teenoor ‘n totale vreemdeling, sonder om te kon weet dat dieselfde kamele haar na Isak sou vervoer, dat sy Isak se bruid sou word en dat sy deel van die geslagsregister van Christus sou wees.

Leef volgens Christus se leer, ‘…dra dit vir hom twee kilometer ver.’ (Matteus 5:41 NLV). Doen nie alleen wat verwag word nie, maar selfs meer. Kamele is lelik, ja, maar hierdie ‘lelike situasie’ het na die mooiste gebeurtenis in Rebekka se ganse lewe gelei.

Bron: Radiokansel (Inhoud aangepas)


Scroll to Top