Wie is saam met jou aan boord?

pilot 10889

pilot 10889Robert Schuller was op ‘n skip in die Koraalsee toe die kaptein aankondig dat hulle deur ‘n baie smal en gevaarlike skeur moes gaan. Net toe kom ‘n klein motorboot nader met ‘n kaptein van Australië.

Toe hy aan boord van die groot skip gaan, het die bemanning hom gegroet en opsy gestaan sodat hy die stuur kon neem. Hierdie man het daarin gespesialiseer om groot skepe deur klein ruimtes te stuur, en te danke aan sy kundigheid het hulle sonder ‘n probleem daardeur gekom.

Uit hierdie storie is daar ‘n belangrike les te leer: maak seker dat Jesus aan die stuur is en dat jy weet wie jou reisgenote is voordat jy vasgevang word in die lewe se storms. In die middel van ‘n storm wat gedreig het om hul skip te sink, het Paulus opgestaan en aangekondig: “… hou moed, manne!

Ek vertrou op God dat alles net so sal gebeur soos Hy vir my gesê het.” (Hand 27:25 NV). Paulus het geweet wie daardie dag die ware Kaptein was. Hy het vir geen oomblik getwyfel dat God Sy belofte sou nakom om hom en almal aan boord te red nie. Wanneer jy deur storms gaan wat jou geloof laat wankel, het jy mense nodig wat weet wat die Woord van God sê, en wat glo dat God presies sal doen wat Hy beloof het, maak nie saak hoe sleg die omstandighede lyk nie. Sulke vriende is yl gesaai, en hulle is kosbaar.

As jy een of twee van hulle in jou lewe het, is jy geseën. Dank God vir hulle.

Bron : Radiokansel

Scroll to Top