
O ja, terwyl jy so roekeloos is om vir mense te bid wat “toevallig” jou pad kruis, waag dit sommer ook ‘n slag om in te tree by God vir daardie uitdrukkinglose persoon in die motor reg langs jou. Of vir die petroljoggie daar by die vulstasie, of vir die dame by die kasregister terwyl jy wag om bedien te word. In plaas daarvan dat jy heeltyd op jou horlosie kyk en wens dat dit jou beurt is om bedien te word, kan jy die tyd vul met kort gebede vir onbekendes, maar nogtans onbekendes met regte name en gesigte. Wie weet wat kan God nie alles doen met sulke stil gebede vir ‘n onbekende nie!
~Stephan Joubert

