Saai en oes (1)

sowing1509

sowing1509“God wat saad voorsien aan die saaier… sal ook aan julle saad gee. In elke opsig sal julle ryk gemaak word om ook by elke geleentheid vrygewig te kan wees.” (2 Kor 9:10-11 NLV) Daar is ‘n direkte verband tussen hoeveel jy gee en wat jy terugontvang. As jy gee wat jy veronderstel is om te gee, sal God vir jou méér teruggee. Paulus verduidelik dat God op soek is na mense wat sy doelwitte sal finansier. Hy sê: “Dit is nie slegs veilig om My te gehoorsaam nie; dit is ook die weg na groter seëninge.” Wanneer jy iets weggee, voel dit soms soos ‘n verlies; en dit kan mens geweldig afsit. Paulus verduidelik dat jy niks verloor as jy gee vir God se werk nie. Inteendeel, dit is ‘n belegging – met ‘n seker opbrengs. Die boer wat saai verloor nie sy saad nie; hy verkry ‘n oes. Kan jy jou voorstel dat enige boer sal sê: “God, gee asseblief vir my ‘n goeie oes? Ek voel nog nie gereed om my saad te saai nie, maar ek vertrou dat U sal ingryp en my sal help, en intussen, net ingeval ek dit later nodig kry, hou ek my saad terug.” Is dit wat jy besig is om te doen?

Hier is die goeie nuus. As jy ruimhartig saai, sál God by jou finansies ingryp – en is dit nie die wonderlikste sekuriteit om te hê nie? Wanneer jy gee, kan God vir jou meer teruggee as wat jy gegee het, wat jou weer instaat stel om nog meer te gee – en so hou dit aan!

Kopiereg 2009 Radiokansel

Scroll to Top