
(1) God hou steeds wag oor jou. Wanneer goed sleg lyk, herinner jouself daaraan dat God groter as die probleem is. “Moet julle dus nie oor môre bekommer nie, want môre bring sy eie bekommernis.” God sal jou help om al die moeilikhede te hanteer wat oor jou pad kom.
(2) Moenie moed opgee nie! Elke keer as jy breekpunt bereik, is dit ‘n nuwe toets. Jy kom te staan voor ‘n reeks keuses wat jou óf gaan laat moed opgee óf gaan lei na ‘n oorwinning. Paulus is gemartel, in die tronk gestop, het skipbreuk gely en moes uit die stad uitvlug. Maar hy het geweier dat die omstandighede hom onderkry en op die ou end kon hy sê: “Ek het die goeie wedloop afgelê . die wenstreep bereik . gelowig end-uit volgehou,” (2 Tim. 4:7, NAV).
(3) Moenie dit optel as dit nie jou naam op het nie! Spanning bou op wanneer jy ander mense probeer beheer en verantwoordelikhede op jouself neem wat nie joune is nie. Stel vir jou gesonde grense vas.
(4) Jou breekpunt
© Radio Kansel 2008 (www.radiokansel.co.za)



