
Slaap jy goed? Of laat al jou probleme jou tans in die nag wakker lê? Dan is dit hoogtyd dat jou geloof in Christus ook ‘n direkte impak maak op jou manier van slaap.
Hoor bietjie wat skryf Dawid hieroor: “In die aand
Aangrypend, nie waar nie? Vertrou die Here ‘n slag om al jou probleme te dra. Dan gaan dit jou nie langer van ‘n kosbare nagrus beroof nie. Dan gaan jy elke keer in die arms van die Almagtige God aan die slaap raak. Dan gaan jy nie meer in die oggende wakker skrik nie. Inteendeel, dan gaan jy uitgerus wakker word.
Stephan Joubert (e-Kerk)


