Moenie ‘n dwaas wees nie (3)

2012-12-13 232018

2012-12-13 232018Die absolute dwaas. Abner het ‘n man met die naam Asael doodgemaak, wie se broer toevallig Joab was, Koning Dawid se belangrikste generaal. Daarom was Joab daarop uit om Abner om die lewe te bring. Die tragiese van hierdie storie is dat Abner naby Hebron was, een van die ses stede waarin hy veilig sou wees. Maar in plaas daarvan om in die stad te gaan skuil en beskerming te geniet, het hy toegelaat dat die vyand hom buite die stadspoorte vang en doodmaak. ‘Toe hulle Abner in Hebron begrawe het, het die koning hardop gehuil…

Die koning het ‘n klaaglied oor Abner gesing: “Moes Abner dan so ‘n eerlose dood sterwe?”. Abner was die absolute dwaas. Waarom? Want anders as die ateïstiese dwaas wat nie in God geglo het nie, of die ambisieuse dwaas wat nie tyd vir God gehad het nie, het hy geweet wat om te doen maar het dit nie gedoen nie. Daar was nie riviere om deur te gaan nie, geen berge om te klim of ‘n prys om te betaal nie. Die poorte van Hebron was oop; al wat hy moes doen, was om in te gaan en daar te bly.

Verbeel jou jy kry ‘n evangeliestuk met die woorde op die omslag: ‘Wat moet ek doen om verlore te raak?’ Jy hoef niks te doen om verlore te raak nie! Maar jy moet iets doen om gered te word: ‘…Glo in die Here Jesus Christus en jy sal gered word…’ Toe Maria die pasgebore Christus na die tempel bring het ‘n ou priester met die naam Simeon Hom in sy arms gehou en gesê: ‘Nou kan ek sterf…want ek het self die Redder gesien…’ (Lukas 2:25-32 BVA).

Om salig te sterf moet jy Christus ontmoet, Hom omhels en Hom erken as jou Here en Verlosser. Doen dit vandag nog!

Bron : Radiokansel

Scroll to Top