
Die probleem onstaan wanneer ons aangaan sonder om seker te maak dat God saam met ons staan. Wanneer Satan sê, “Jesus ken ek, en van Paulus weet ek, maar wie is julle?” (Hand 19:15 NLV), moet jy twee dinge weet: (a) Dat jou saak reg is met God. (b) Dat die geveg Syne sowel as joune is. Jesus het gesê, “Wat julle ook al op aarde sou afwys, sal ook voor God verbode wees. Maar wat hulle ook al in orde vind, sal ook voor God in orde wees” (Matt 18:18 NLV). Daar moet in albei koninkryke ooreenstemming wees. Jesus het ons geleer om te bid, “Laat U wil hier op aarde uitgevoer word soos in die hemel” (Matt :10 NLV), want as Hy dit nie goedkeur nie, sal dit ook nie op aarde goedgekeur word nie.
Die Bybel noem ons “God se werkspan” (1 Kor 3: 9 NLV), so moenie jou eie ding doen nie. Moenie enigiets doen wat die Here nie gedoen wil hê nie. Op hierdie aarde moet ons net doen wat ons weet Hy as Sy wil verklaar het in die hemel. Dit is hoe ons verseker dat Hy saam met ons sal staan.
© Radiokansel.co.za



