
Tog is dit deur te ontvang dat ons aan die skenker wys dat hy of sy iets waardevol het; ons voeg daardeur ook waarde aan die skenker se lewe toe. As iemand iets aan my skenk wat ek heeltemal ignoreer, het ek dan waarlik die geskenk ontvang? As iemand ‘n idee aan my gee, maar ek oorweeg dit nie eens nie, word die gebaar enigsins waardeer? As vriende aan my voorgestel word en ek ignoreer hulle, word hulle hoegenaamd aanvaar?
Om met grasie te kan ontvang, is ‘n kuns. Dit laat ander mense in ons lewens toe; ons kan selfs van daardie mense afhanklik word. Dit verg nederigheid om te erken, ‘Ek het jou nodig; jy maak van my ‘n beter mens; sonder jou sal ek nie die persoon wees wat ek wel is nie.’ Te veel mense word so seergemaak omdat hulle geskenke nie waardeer word nie, dat hulle heeltemal toeklap. Vra God dus vandag om jou te help om met grasie te ontvang.
Bron : Radiokansel


