
En dan moet hulle belangrike besluite oor die Here se werk as ‘n span neem! Verhoudings is nie maar net om die antwoorde te ken op vrae soos watter werk iemand anders doen; hoeveel kinders hulle het, of waar hulle elke jaar vakansie hou nie. Dis informasie. Egte verhoudings is om ‘n stukkie lewe met iemand anders te deel. Nee, dis om jouself te deel. Egte verhoudings gebeur wanneer jy en iemand anders dieselfde hartklop begin deel.
Verhoudings vra dat jy ‘n steunpilaar vir iemand anders is. Dit vra tyd, opofferings en eerlikheid. Ook dat jy gereeld vir jou vriende bid. Egte verhoudings vra altyd baie van jouself. Daarom moet jy die prys van vriendskap goed bereken, want jy sit jou lewe op die spel vir jou viende. Vra vir Jesus!
Stephan Joubert (www.ekerk.co.za)




