Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Saai en oes (2)
So lank as wat God jou metgesel is, sal Hy seker maak dat jy alles kry wat jy nodig het, wanneer jy dit nodig het. Dit is Sy aanbod. Dit behoort jou vrese rondom gee heeltemal op te klaar. Daar is werklik net een ding om te vrees, en dit is dat jy in so ‘n mate terughou dat God nie meer by jou finansies betrokke is nie. Terwyl jy niks kan doen om God se liefde te verdien nie, is daar tog sekere dinge wat jy moet doen om Sy seën te ontvang. Die vraag wat jy jouself dus moet afvra, is: “Wie sal beter na my behoeftes kan omsien, ek self of God?” As jy vrygewig is teenoor God, sal Hy seker maak dat jy meer as genoeg het sodat jy selfs meer kan gee. Maar Hy wil eers sien dat jy meer in Sy koningkryk belê; nie om van Hom te kry wat jy wil hê nie, maar omdat jy met jou hele hart in Sy ewige doel vir die wêreld glo en dit bo jou eie belange plaas.
Is jy bereid om jou vrees te laat vaar en God op te neem op Sy belofte van seën en Hom te nooi om by jou geldsake betrokke te raak? Geld is tipies die laaste deur wat ons vir God oopmaak omdat ons glo dat ons sekuriteit daarin lê. As jy regtig finansiële sekuriteit verlang, moet jy God so gou moontlik by jou finansies betrek. Jy sal dinge nooit weer soos in die verlede doen nie!