Om Die Regte Ding Te Doen (2)

regte ding0605

regte ding0605Sadrag, Mesag en Abednego het loopbaansukses behaal, so hulle kon niks daarby baat om die Babiloniese koning teen te gaan nie. Waarom het hulle? Omdat hy hulle beveel het om aan God ongehoorsaam te wees. Inderdaad kon hulle besluit: ‘Eerder bang Jan as dooie Jan. As ons lewendig bly, kan ons dalk goed doen vir God en ander mense.’ So ‘n uitgangspunt sou baie van ons oortuig, so waarom nie vir hulle nie? Want hulle het besef Nebukadnesar was nie die bron van hul sukses nie; dalk ‘n instrument wat God gebruik het om hulle op te hef, maar hy was nie die oorsaak van hulle belangrikheid óf hul veiligheid nie.

Hierdie dinge kom van God – en hulle het begryp dat mens nie God se beginsels negeer en in Sy seëninge bly wandel nie. Daar’s altyd diegene wat dink hulle weet wat jy behoort te doen. Maar hierdie drie Hebreeuse jongmans het van beter geweet: ‘Ons God vir wie ons dien…het die mag’ (v. 17).

Die mag om wat te doen? ‘Magtig is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink…’ (Efesiërs 3:20 NV). Deur te weier om te buig, toe ‘n buiging gelyk het na die verdienstige ding om te doen, het hulle die harte van ‘n nasie aan God opgedra. Weliswaar is jou invloed dalk nie so groot nie, maar op een ding kan jy reken: ander mense let op wie beïnvloed sal word deur die standpunt wat jy inneem.

Daarom moet jy God vir krag vra – en die regte ding doen!

Bron : Radiokansel

Scroll to Top