
Toe God vir Abram gevra het om sy seun, Isak, te offer, het hy dit nie verstaan nie, maar later het hy God se trou ervaar toe Isak aan hom teruggegee is. Moses kon nie verstaan hoekom hy 40 jaar lank in die woestyn moes deurbring nie, maar later, toe God hom roep om Israel te bevry, het hy verstaan. Josef het nie verstaan hoekom sy broers hom sleg behandel het nie, maar later het hy God se plan in alles gesien.
Net soos wat ons kinders nie altyd ons oordeel verstaan nie, verstaan ons ook nie altyd God s’n nie. Dit is hoekom Jesus vir Marta en Maria gesê het: “Wat Ek besig is om te doen, verstaan jy nie nou nie, maar wanneer alles verby is, sal jy dit verstaan” (Johannes 13:7 NLV). God verwag nie van jou om te verstaan nie, maar wel dat jy Hom ten volle sal vertrou. Ten spyte van alles wat met hom gebeur het, het Job gesê: “Wanneer Hy my toets soos goud in ‘n vuur, sal Hy my onskuldig verklaar” (Job 23:10 NLV).
Vertrou dat God weet wat Hy doen – en dat Hy in beheer is.
Bron: Radiokansel (Inhoud gewysig)




