
Albei mans het baie vermag. Die verskil tussen hulle, was hulle benadering tot mense. Die verskil kan die beste gewys word deur die woorde van ‘n jong vrou wat op verkillende dae saam met hulle geëet het. Toe sy gevra is wat haar indrukke van hulle was, het sy gesê, ‘Toe ek die eetkamer verlaat het nadat ek langs Mnr. Gladstone gesit het, het ek gedink hy is die slimste man in Engeland. Maar nadat ek langs Mnr. Disraeli gesit het, het ek gedink ek is die slimste vrou in Engeland.’ Dis ‘n belangrike les. Goeie leiers wen die vertroue en vriendskap van hulle volgelinge deur hulleself op die agtergrond te hou en ander voorop te stel. Hierdie beginsel werk inderdaad vir enigiemand. Die Bybel sê daarom, ‘… mekaar met respek te hanteer.’ (Romeine 12:10 NLV).
Bron : Radiokansel


