
Daar kan egter areas in jou lewe wees wat eers moet genees voordat jy sulke verhoudings kan hê. Laat God dus toe om aan jou te werk. Wanneer jy reg is, sal Hy die nodige bekendstellings doen. Intussen kan jy Hom beter leer ken. Maak Sy opinie die bron van jou selfbeeld. As jou laaste verhouding jou selfbeeld geknak en geestelik gedreineer het, gebruik die tyd om te herstel. Jy mag dalk nooit weer so ‘n geleentheid hê nie.
En ‘n laaste ding: begin om lief te hê soos God liefhet. Hy weet waar is jou foute, hanteer jou verwerping en het jou nog steeds lief ten spyte daarvan. Dit behoort jou te help om nie iemand sommer net weg te gooi omdat hulle ‘n fout gemaak het nie. Jy gaan nie van jou motor ontslae raak oor een foutiewe onderdeel nie, ne? Hoe sou jy gevoel het as God jou vergewe het nes jy ander vergewe?
Kom, laat God jou leer hoe om blywende verhoudings te bou.
Bron : Radiokansel



