
Eerstens, ‘Jy moet jouself heelhartig verbind aan die gebooie wat ek vandag vir jou gee’. Ouer, as jy nie Bybelse beginsels toepas nie, sal jou kinders ook nie. Inderdaad, as jy nie self leef soos wat jy vir jou kinders preek nie, sal jou woorde op dowe ore val en rebelse harte skep. Jy hoef nie volmaak te wees nie, maar jy moet opreg wees.
Tweedens, ‘Herhaal hierdie woorde oor en oor vir julle kinders.’ Jy moet benadruk, beklemtoon, aanspoor, duidelik maak, inhamer en inprent. Niks kortstondigs of passief hieraan nie! Dit moet ‘n doelbewuste, deeglike, aktiewe en herhaalde proses wees.
Derdens, ‘Praat daaroor’. Jou kinders leer nie die waarheid deur osmose nie. Jy moet met hulle praat, nie in ‘n vroom taal wat hulle nie verstaan nie, maar met gewone woorde, op ‘n natuurlike manier en op natuurlike tye. ‘Praat daaroor by die huis’, in die gemak van die bekende omgewing. ‘Wanneer julle op pad is’, waarheen julle ookal gaan. ‘Wanneer julle lê of wanneer julle opstaan’, wag vir gulde geleenthede, moet dit nie verlore laat gaan nie.
Carpe diem! Ouers wat die ‘dag gryp’ ontdek dat God hulle toegerus het om hulle kinders in mans en vrouens van God te omskep.
Bron : Radiokansel


