Toe Paulus as gevangene op die skip onderweg was na
verskyn met goeie nuus: ‘Moenie bang wees nie, Paulus. Jy moet nog voor die
keiser verskyn. Daarom sal God sorg dat jy lewend daar aankom. God het ook
besluit om die lewe van almal saam met jou op die skip te spaar.’
God wou hê Paulus moes in
‘n getuie vir Christus wees. Daarom dat Hy besluit het om Paulus se lewe te
spaar. Nog meer, God sou sommer ook die ander mense se lewens aan boord spaar.
Praat van ‘n lewende seën! Paulus se teenwoordigheid op daardie skip was die
reddingstou vir almal. Omdat een van God se knegte so kosbaar is, het Hy gekies
om almal op die skip te laat deel in sy redding. Eintlik moes almal in die
storm gesterf het soos wat Paulus vroeër gewaarsku het, maar God was genadig omdat
een van sy knegte aan boord was.
Ons maak die fout om te dink dat ons eers baie moet wees voordat ons ‘n verskil
in die wêreld maak. Ons dink sukses is gelyk aan getalle. Nee dis nie ‘n
voorwaarde vir hemelse seën nie. Een Christen op die regte plek op die regte
tyd is oorgenoeg. Ter wille van een sal God sy seën soos reën in daardie
omgewing uitgiet. Een is oorgenoeg om die wêreldse verskil te maak.
Ter wille van een sal die Here die hemele open.
Ter wille van een sal Hy die stormwinde keer.
Ter wille van een sal Hy baie lewens red.
Is jy daardie geseënde een?
Stephan Joubert (E-Kerk)