Eindig sterk!

E Stanley Jones0607

E Stanley Jones0607Kaleb is die kampioen van die ‘tweede helfte’. ‘”Gee vir my asseblief die heuwelgebied. Ek is vandag nog net so sterk soos toe ek 40 jaar oud was.”‘ (Parafrase. Sien Josua 14:7-12 NLV). Kaleb het hierdie woorde waarskynlik voor jong manne gesê wat eerder ‘makliker’ gebiede in die Beloofde Land wou hê. Die inwoners van die heuwelgebied was reuse en daar was ommuurde stede. Die ou man (85) wóú egter hierdie gebied hê. Miskien is jou lewe nie so indrukwekkend nie. Jy is nie so ‘n goeie ouer nie, of jou huwelik is verwoes, jy is spyt omdat jy jou lewe verkwis het. Hou moed! Die God wat óns dien, maak alle foute reg!

E Stanley Jones het meer as vyftig jaar in Indië deurgebring. Hy het voortdurende gereis, met miljoene mense gepraat, staatshoofde ontmoet, en gehelp om miljoene mense te bekeer. Hy het op die ouderdom van 83 jaar ‘n massiewe beroerte gehad waarna hy verlam was en nie eens behoorlik kon praat nie. Tog het hierdie merkwaardige man daarin geslaag om deur feitlik verlamde lippe die manuskrip van ‘n besondere boek te dikteer. Hy skryf: ‘Daar is letsels aan my geloof, maar onder die letsels is daar geen twyfel nie. [Christus] hét my met die volkome toestemming van my wese. Ek is 83, en ek is vandag meer opgewonde daaroor om ‘n Christen te wees as wat ek was toe ek 18 was…!’

Komaan, spring terug in die wedren en begin hardloop. Mét God hoef jy nie noodwendig sonder struikel te hardloop nie. Jy is ‘n wenner as jy sterk eindig!

Bron : Radiokansel (Inhoud aangepas)

Scroll to Top