
Jy kan nie die verlede verander nie. Jy is nie dieselfde mens nie en sal nooit wees nie. Jy kan nie jou eerste huwelik of jou kinderjare herleef nie. Maar daar is drie Skriftuurlike stappe wat jy kan volg om op te staan, daaroor te kom en aan te beweeg: (1) Vergeef wat ander jou aangedoen het (Sien Ef 4:32). (2) Vergewe jouself vir wat jy gedoen het (Sien Fil 3:13). (3) Glo dat God jou werklik vergewe het en handel daarvolgens (Sien Jes 43:25).
Partykeer hou ons vas aan die verlede omdat ons glo daar is iets wat ons nog nodig het. Ons klou aan sekere dinge omdat ons bang is dat ons dit nooit sal vervang nie. Nee, die Here het groter planne vir jou. As jy jou toekoms aan Hom toevertrou, lê jou heel beste dae nog voor. God belowe Hy sal: “Eer gee in plaas van smart, vreugde in plaas van droefheid, blydskap in plaas van hartseer” (Jes 61:3 NLV). So, met krag van die Here, staan op, kom daaroor en beweeg aan!
© Radio Kansel 2008 (www.radiokansel.co.za)



