
Nadat God met Jakob geworstel het, het hy gesê: “Ek het God persoonlik gesien. Tog is my lewe gespaar.” En joune is ook. Hoekom? Want daar wag meer op jou. Die Bybel sê: “God wat deur sy roepstem dinge wat nog nie bestaan nie, aanspreek” (Rom 4:17 NLV). God wil goeie dinge in jou lewe teweegbring wat nie voorheen daar was nie.
Maar let op: “Hy het alleen agtergebly.” (Gen 32:24) Wanneer God groot dinge in jou doen, doen hy dit op ‘n een-tot-een basis, nie as deel van die groep nie. Om alleen by God te wees kan jou ongemaklik laat voel, want jy word van jou skanse en ego gestroop. Jou eerste impuls mag wees om by die groep te bly, maar jy sal gou agterkom dat hulle nie die rusteloosheid in jou gees kan stil nie. Daardie rusteloosheid is God wat jou na Hom toe roep! Soos Jakob, moet jy nie bang wees om met God te worstel tot dagbreek, totdat jy Sy gesig sien, Sy genade ervaar en Sy doel met jou lewe ontdek nie.
Kopiereg 2009 Radiokansel



