
‘n Gerespekteerde berader sê: “Ons besef nie hoe baie ons eie gedagtes bydra tot ons sielsangs nie. Hoe gouer jy ‘gedagte aanvalle’ stop hoe makliker is dit om weer op dreef te kom. Hoewel hierdie konsep eenvoudig is, is dit nie maklik om uit te voer nie. Sodra jy daarop let sal jy agterkom dat jy baie meer ‘gedagte aanvalle’ het as wat jy dink.” Jy kan nadelige denke stop deur elke gedagte te onderskep om dit “aan Christus gehoorsaam te maak” (2 Kor 10:5 NLV). Paulus sê: “Want ons stryd is nie teen mense nie, maar teen . bose geeste” (Ef 6:12 NLV).
Jou gedagtes is kragtig. Om dit te oorwin moet jy oorgee aan Christus en beheer uitoefen oor jou gedagtes.
© www.radiokansel.co.za


