Gebruik jou gawe

sukses2108

sukses2108Bepaling en verwesenliking van jou ware roeping, verskaf die antwoord op wat sukses nou eintlik is. Ons het dikwels ‘n verkeerde definisie. Ons dink dat jou sukses gemeet word in terme van hoe suksesvol ander is. Dis ‘n resep vir frustrasie, want daar sal altyd iemand wees wat beter as jy doen! Wanneer jy egter jou sukses in terme van God se doel vir jou lewe meet, verander die maatstawwe heeltemal.

Ware sukses is nie wat jy al bereik het in vergelyking met ander nie, maar wat jy bereik het in terme van die opdragte van God: ‘Daar is ‘n hele verskeidenheid geestelike gawes, en tog kom hulle van dieselfde Gees.’ (1 Korintiërs 12:4 NLV). Jesus het gesê dat Hy suksesvol was omdat Hy Sy Vader se werk voltooi het (Johannes 17:4 NLV). Paulus kon aan die einde van sy lewe sê, ‘…ek het die wedloop voltooi…’ (2 Timoteus 4:7 NLV). Volgens hierdie maatstaf kan sukses beteken dat jy ‘n goed-betaalde pos opsê om God se roeping te volg. Dit kan ook wees om jou talente vir Sy verheerliking te gebruik, en nie vir jou eie roem en rykdom nie. Wanneer jy jou roeping gevind het, hoef jy jouself nie meer met ander te vergelyk of te wens dat jy iemand anders is nie. Die Bybel sê dat almal van ons gawes ontvang, ‘…om die gemeente te bevoordeel’ (1 Korintiërs 12:7 NLV). Dis slegs wanneer jou gawes tot ander se voordeel gebruik word dat jy ware bevrediging ervaar.

Salaris en bevordering is goed, maar dit kan nie jou goddelike doel vervang nie. Dis jou goddelike roeping wat die langdurige vreugde verskaf.

Bron : Radiokansel

Scroll to Top