
Wat kan jy doen om te help? Dieselfde as wat jy kan doen wanneer jou bankrekening oortrokke is.
(1) Hou op om onttrekkings te maak! Moenie van jou geliefde verwag (of vir hom/haar vra) om dieselfde goed as gewoonlik vir jou te doen nie. Moenie wag om bedien te word nie. Vat die vuil skottelgoed kombuis toe. Stryk jou eie klere. Gee jou “reg op goed” op. Beoefen die Christelike gesindheid van jouself minder ag.
2) Begin om inbetalings te maak! Klein, maar gereelde inbetalings is nodig. “Gee, en aan julle sal gegee word. ‘n Goeie maat wat ingedruk en geskud en oorlopend is, sal hulle in jul skoot gee,” (Luk. 6:38, NAV). Gereelde deposito’s kan uiteindelik jou skuld vereffen en jou verhouding in die groen laat inbeweeg! Soek stilweg maniere om jou geliefde se lewe makliker te maak: bedagsaamheid, goeddeurdagte dade, klein aksies om te dien en genees. Hierdie is die goed wat jou geliefde sal laat voel dat dit veilig is om “ontdooi” te druk, te begin om klein risiko’s te neem, jou opnuut te verbind en te toets hoe die water voel!
© Radio Kansel 2008 (www.radiokansel.co.za)



