
Wanneer mens deur ‘n swaar tyd gaan, voel jy afgemat en sukkel om te fokus, en is jy geneig om terug te keer na ou slegte gewoontes. Dawid het dit probeer. Terwyl hy besig was om saam met ‘n saamgeflanste leër vir Saul te vlug, het hy begin dink: “Ek sal nog eendag deur Saul omkom. Daar bly vir my niks anders oor nie as om uit te wyk na die land van die Filistyne toe,” (1 Sam. 27:1, NAV). Dawid het van beter geweet! Voorheen het hy altyd opgekyk na die Here en sy raadgewers vir raad gevra. Hierdie keer het sy vrese hom gelei en het hy gevlug na die vyand se gebied!
Om verkeerde dinge te doen kan tydelik reg voel maar: “Daar is ‘n lewenswyse wat vir ‘n mens reg kan lyk, maar die uiteinde daarvan is die dood. ‘n Mens kan lag terwyl hy treur, die uiteinde van vreugde kan kommer wees,” (Spr. 14:12-13, NAV). Op die ou end het die Filistyne vir Dawid verstoot en gesê: “Hy mag nie saam met ons in die oorlog optrek nie. Dalk draai hy in die geveg teen ons,” (1 Sam. 29:4, NAV).
Wees versigtig om besluite te maak terwyl jy nie goed voel nie, dit kan lang-termyn gevolge hê. Verstoot deur die Filistyne, voorgespring deur die Amalekiete, met geen land van sy eie nie en geen familie wat by die huis op hom wag nie, leer ons by Dawid om:(1) Raad te vra by wyse manne. Dis dalk die laaste wat jy wil doen, want jy wil eerder jou self bejammer. Maar: “Waar daar nie beraadslaging is nie, slaag planne nie; dit slaag wanneer daar baie raadgewers is,” (Spr. 15:22, NAV) en “die redding lê in baie raadgewers,” (Spr. 11:14, NAV). (2) Hou op om na jou vrese te luister en luister na God. Toe hy tussen die ruïnes van sy lewe gestaan het, “het Dawid hulp gevra by die Here sy God,” (1 Sam. 30:6, NAV), en jy kan ook!
~Radio Kansel (Kopiereg 2007)