
(1) Val vir die groep of verander die groep. Jy kan besluit om in die passasiersitplek te bly sit of agter die stuur inskuif. Luister na Paulus: “Moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie.” Word eerder getransformeer en word die proaktiewe, geloofgedrewe mens wat God wil hê jy moet wees.
(2) Neem beheer van jou lewe deur “jou gedagtes te hernu”. In plaas daarvan om te sukkel om die mense en omstandighede rondom jou te verander, verander die manier waarop jy dink en dit wat jy vir jouself sê. Die Griekse woord vir hernu, beteken letterlik ‘om jou gedagtes volgens God se wil te rig’. Laat vaar daardie gedagtes wat vir jou sê: “jy is nie, jy kan nie, en jy sal nooit in staat wees om dit te doen nie”. God sê: “Jy is, jy kan en jy sal vir seker in staat wees om dit te doen,” te danke aan sy krag in jou! Johannes skryf: “Die oorwinning wat ons oor die wêreld behaal het, is deur ons geloof,” (1 Joh. 5:4, NAV).
Gaan terug na God se Woord toe! Ontdek wat Hy sê oor die goed wat jou kan intimideer en beheer, en draai dan jou rug daarop. Die Woord vandag aan jou is: “Moenie bang wees nie . Ek is jou God. Ek versterk jou . Ek hou jou vas,” (Jes. 41:10, NAV). Rig jou gedagtes volgens God s’n. Klim agter die stuurwiel in en neem beheer van jou lewe!



