
Maar ‘n sterk werksetiek kan ons denke verdraai as dit gaan oor wat God verniet vir ons wil gee. God giet altyd Sy seëninge uit, en as leë houers moet ons leer om ons harte oop te maak vir dit wat Hy ons bied. Jesus het gekom om ons van swaarkry te verlos en nie om ons uit te nooi om op ‘n ander manier onder die vaandel van Christenskap swaar te kry nie.
God se seëninge word uit genade gegee word en in geloof ontvang. ‘n Bybelonderwyser skryf: “Ek het altyd iets probeer ‘doen’ en het God uit die oog verloor. Ek het probeer om myself, my gesin en omstandighede waarvan ek nie gehou het nie, te verander, en selfs om my bediening te laat groei. Maar God laat nooit toe dat ons suksesvol is sonder Hom nie… Uiteindelik het ek geleer om te bid vir dit wat ek nodig gehad het en het ek God toegelaat om dit te voorsien op Sy manier en op Sy tyd. Toe ek dit gedoen het, het ek Sy rus ervaar.”
Om so te kan lewe, moet jy besef hoe belangrik jy vir God is en op Sy genade staatmaak. Die waarheid is dat Hy meer as gewillig is om jou te help as jy jou onafhanklikheid laat staan.
Bron : Radiokansel

