Geestelike afstand

moses021210

moses021210Slegs Moses het geweet hoe dit in God se teenwoordigheid gevoel het, hoe Sy stem geklink het, en Sy glansende glorie gelyk het. Klaarblyklik was die Israeliete tevrede met die toedrag van sake. Hulle het aan Moses gesê, ‘Jý moet maar met ons praat… Moenie dat God self met ons praat nie…’ (Eksodus 20:19). Was hulle miskien bang dat God iets aan hulle sou sê wat hulle nie wou hoor nie? Inderdaad. As jy aan God ongehoorsaam is, kan jy nie oor Hom opgewonde raak nie. Johannes skryf: ‘En hieraan weet ons dat ons Hom regtig ken: as ons sy opdragte gehoorsaam. As iemand sê: “Ek leef in ‘n persoonlike verhouding met God”, maar nie sy opdragte gehoorsaam nie, voer só ‘n persoon ‘n leuenlewe en het die waarheid nie plek in sy lewe nie.

Wie egter sy woord gehoorsaam, in só ‘n persoon se lewe het die liefde vir God regtig sy doel bereik. Daardeur weet ons ook dat ons baie nou aan Hom verbind is.’ (1 Johannes 2:3-6 NLV). Moenie ‘n buitestaander wees wat net toekyk hoe God in ander se lewens werk nie omdat jy nie bereid is om die dissipline te aanvaar wat ‘n persoonlike verhouding met Hom verg nie. Jy kan nie Sy guns en gawes verlang, maar nie die toewyding wat daarmee saamgaan nie. God vra jou totale oorgawe en innige liefde vir Hom; Hy wil jou as bruid hê. Hy wil hê dat jy by Hom bly selfs wanneer dit moeilik is. Is jy vandag gereed om die ring van toewyding aan jou vinger te steek?

Bron : Radiokansel

Scroll to Top