Jesus het gesê: “Net soos die Vader my gestuur het, stuur Ek julle ook” (Johannes 20:21 NLV). Die missie wat Jesus hier op aarde gehad het, is nou ook ons missie. “Ons moet aanhou om die werke te doen van Hom wat My gestuur het terwyl dit nog dag is; die nag is in aantog, wanneer niemand meer kan werk nie” (Johannes 9:4 NLV).
Slegs die koningkryk van God sal bly staan; alles anders sal uiteindelik vergaan. Om jou doel hier op aarde te vervul, beteken dat jy ‘n goeie en suksesvolle lewe sal lei.
Die woord "vlytig" sluit eienskappe soos harde werk, deursettingsvermoë en 'n strewe na voortreflikheid in. Die Nuwe Lewende Vertaling stel dit so: "Luiaards begeer baie…