Daar is oomblikkein jou lewe wanneer jy besluite moet neem wat jou lewe sal verander. Jesus het
op ‘n dag twee mense uitgenooi om aan te sluit by sy span, maar elkeen het ‘n
rede gehad om dit uit te stel. Die een moes ‘n begrafnis bywoon en die ander
een wou eers huis toe gaan om sy besluit met sy gesin mee te deel. Ons hoor
nooit weer enigiets van hulle nie. Matteus maak ‘n opmerking: “Toe Jesus
in die skuit klim, het sy dissipels Hom gevolg.” Die ander twee het die
boot gemis!
Jy sal nooit sukses
behaal as jy heeltyd take uitstel nie. As jy te lank vat om ‘n besluit te neem,
gaan die geleentheid dalk by jou verby. Een van die beste voorbeelde hiervan is
die verhaal oor die patentering van die telefoon. In die 1870’s het twee mans
afsonderlik daaraan gewerk om telegrafie, wat die tegnologie van die tyd was,
te verbeter. Albei het die idee gehad om klank deur ‘n kabel oor te dra en
albei mans het die elektronie se oordrag van ondersoek. Wat so ongelooflik is,
is dat albei mans – Alexander Graham Bell en Elisha Gray – hulle idee op
dieselfde dag, 14 Februarie 1876, by die patentkantoor ingegee het.
persoon wat daardie dag sy idee vir ‘n patent ingedien het. Gray, aan die ander
kant, het besig geraak met iets anders en het sy prokureur gestuur. Ongelukkig
het die prokureur eers meer as ‘n uur ná Bell opgedaag om aansoek te doen vir
‘n caveat, ‘n tipe verklaring wat sê dat ‘n mens ‘n voorneme het om aansoek te
doen vir ‘n patent. Daardie paar minute het Gray duur te staan gekom.
hy eerste die idee gehad het.
Dit is nie goed
genoeg om slegs die geleenthede raak te sien wat God vir jou gee nie, jy moet
hulle benut. Met ander woorde – Moenie die boot mis nie!
© 2007 Radiokansel. / www.radiokansel.co.za



