Is jy bang dat jou ou probleme weer gaan terugkom? Jy het vir ander vertel dat God jou gebed verhoor het, nou probeer die vyand om jou terg te kry deur ‘n “gees van vreesagtigheid,” (2 Tim. 1:7). Satan gaan heeltyd probeer om ou probleme op te roep en hy hoop dat jy dit gaan onthou, weer daaroor gaan bekommerd word, en op die ou-end “vasgevang is deur jou eie woorde,” (Spr. 6:2). Enigiemand wat deur God verlos is, het daardeur gegaan. Satan het glad nie nuwe truuks nie! Wanneer hy ‘n teenaanval loots, gebeur dit dikwels in jou verbeelding. Voordat jy dit besef, begin jy dit te glo wat jy jou gister net verbeel het en teen môre is jy oortuig daarvan. Dit is hoekom die Bybel die volgende vir ons leer: “(Neem) elke gedagte gevange … tot die gehoorsaamheid aan Christus,” (2 Kor. 10:5). Neem beheer van jou gedagtes voordat hulle jou begin beheer! Jesus het gesê: “Wat julle glo, sal gebeur,” (Matt. 9:29). Onthou dit beïnvloed jou positief, sowel as negatief! Jy kan slegs die duiwel oorwin deur jou swaard in jou hand te neem (dit is die Woord van God) en sy kop daarmee af te kap!

Die Psalmdigter het vrees verstaan: “In my nood het ek na die Here geroep, die Here het my gebed verhoor en my bevry. Die Here is by my, ek ken geen vrees nie … Ek sal nie sterwe nie, ek sal lewe en van die dade van die Here getuig,” (Ps. 118:5-6, 17). Die profeet Habakuk het ook vrees ervaar: “Ek (het) gesidder, my lippe het gebewe … nogtans sal ek in die Here jubel, sal ek juig in God, my Redder. Die Here my God gee vir my krag,” (Hab. 3:16, 18-19).God sê: “Wees bly. Dit is verby. ‘Die benoudheid sal nie twee maal opkom nie.’

© Kopiereg Radiokansel 2007 (www.radiokansel.co.za)

Scroll to Top