Die bloed van Jesus

frontseat0311




Die bloed van Jesus

frontseat0311Jeffrey Ebert sê: ‘Toe ek vyf jaar oud was, voor sitplekgordels en lugsakke, was ons gesin een aand op ‘n plattelandse pad in ‘n ongeluk betrokke. Ek het op my ma se skoot gesit toe ‘n dronk bestuurder ons motor reg van voor tref. Ek kan die botsing nie onthou nie. Wat ek egter baie goed onthou, is my angs en verdwasing toe ek sien dat ek met bloed besmeer was. Toe vind ek uit dat die bloed nie net myne was nie, maar meestal my ma s’n. In die breukdeel van ‘n sekonde voor die ander motor ons getref het, het sy instinktief haar liggaam om my gevou en my sodoende beskerm. Dit was háár liggaam wat teen die paneelbord vasgeslaan is, háár kop wat die voorruit gebreek het. Sý het die slag verduur, en mý daarvan gespaar. My ma moes daarna vele operasies ondergaan om van haar beserings te kon herstel.’

Jesus het aan die kruis die impak van ons sonde verduur. Die oomblik wat ons Hom aanneem, bring die bloed wat Hy gestort het versoening met God. God verdra nie sonde nie. Die Bybel sê, ‘Dit is reg dat U nie onreg duld nie…’ (Habakkuk 1:13). God sien ons egter nou ‘deur die bloed van Christus’ wat die offer vir die wêreld se onreg gebring het. Die liedskrywer sê: ‘Wanneer God na my kyk, sien Hy nie die dinge wat ek doen nie, Hy sien net die bloed van sy gekruisigde Seun’. God se Woord sê , ‘…bloed… bring versoening.’ Die bloed van Jesus oorbrug die kloof tussen mens en Skepper en maak ons een met God!

Bron : Radiokansel


Scroll to Top