Kernwaardes

keyValues0907

keyValues0907Kernwaardes is beginsels wat voortdurend aan jou lewe rigting gee. Kernwaardes verduidelik jou optrede en standpunte. Hulle is nie slegs sakestrategieë, kultuurgebruike, of reaksies op markskommelinge nie; hulle is ononderhandelbare beginsels wat jou lewe beheer. John Blumberg sê, ‘Ek moet nog iemand ontmoet wat nie sê dat hulle vanaf ‘n basis van sterk beginsels wil werk nie. Dis egter ‘n groter uitdaging as wat dit blyk. Ek het al tydens leierskap-werksessies die geskokte besef op mense se gesigte gesien wanneer hulle gevra word om hulle kernwaardes neer te skryf.

Ek hoop dat jy uitgedaag sal word om te bepaal en aan te dui wat jou kernwaardes is, en hulle dan met jou lewe te verweef.’ Die Bybel sê, ‘Julle moet…doen wat die woord sê…nie net aanhoor nie.’ Wat jy waarlik glo, bepaal jou optrede en word in jou daaglikse lewe vasgelê. John Mason sê dit beteken om, ‘Vir iemand beskikbaar te wees, ‘n probleem groter as jyself aan te pak, God te leer ken deur Sy Woord te lees, iemand te help sonder om vergoed te word, drie dinge te doen wat vir jou ongemaklik is, dankie te sê vir jou daaglikse brood, mense beter te laat as toe jy hulle gevind het, nie bang te wees om hulp te vra nie, aan God die beste deel van jou dag te gee, vandag te doen wat jy eintlik tot môre wil uitstel, te onthou dat die beste tyd en plek nou is, stappe te neem om ‘n slegte gewoonte af te leer, jou optrede te beoordeel deur die saadjies wat jy saai en nie deur die opbrengs daarvan nie.’

Bron : Radiokansel

Scroll to Top