
Kyk na Sadrag, Mesag en Abednego. Hulle verbintenis tot God het hulle in die brandende oond laat beland. Maar dit het hulle ook verhoog na ‘n plek van groot seën. Hulle verhaal leer ons dat jou karakter regtig getoets word wanneer die uitkoms nie in jou hande is nie.
Jy moet slegs die keuse uitoefen van wat reg is in God se oë en die gevolge aan Hom oorlaat. Dis ‘n vuurdoop, maar dis ‘n vuur van loutering, waaruit jy suiwerder aan die anderkant uitkom.
Telkens as jy die regte ding doen deur die weg te kies wat God vra jy moet loop, bereik jy ‘n nuwer vlak van vryheid. Soos Sadrag, Mesag en Abednego uitgevind het, het drie goed gebeur:
1) Jy raak bevry van die ‘Nebukadnesars’ wat glo hulle het beheer oor die uitkoms van jou lewe.
2) Jy word bevry om ‘nee’ te sê vir diegene wat jou probeer gebruik en te manipuleer.
3) Jy is bevry om jou allermagtigste Koning te dien en ‘nee’ te sê vir al die ander aanspraakmakers wat regtig geen mag oor jou het nie.
Op daardie oomblik kry jy nie slegs insig in wie jy is nie, maar belangriker nog, Wie s’n jy is. God sal een van twee dinge doen: jou in die brandende oond louter of jou daaruit red.
Weliswaar mag Hy albei doen!
Bron : Radiokansel



