Wees goedhartig

2011-10-02 194553

Ons verskoon ons liefdeloosheid, gebrek aan goedhartigheid, geduld en al die ander ‘vrugte van die gees’ deur te verklaar dat ons ‘besig’ is en ‘hard werk.’ Dit rym egter nie met Christus se lering nie. Hy het gesê, ‘Doen vir ander alles wat julle graag wil hê hulle vir julle sal doen…’ (Matteus 7:12 NLV). Wanneer laas het jy iemand gehelp sonder om enigiets terug te verwag? Moeder Teresa het gesê, ‘ ‘n Dag sonder om liefde…te bewys, is ‘n dag wat nie werd is om geleef te word nie.’ Liefde teenoor ander moet ‘n lewenswyse wees, ‘n vaste gesindheid, ‘n verbintenis.

William Barclay het gesê: ‘Meer mense is al na die kerk gebring deur die goedhartigheid van egte Christelike liefde as deur al die teologiese argumente in die wêreld. En meer mense is al weggedryf deur die hardvogtigheid van sogenaamde Christene as al die twyfel in die wêreld.’ Het jy al ooit daaraan gedink dat die klein daaglikse frustrasies net God se manier is om jou kans te gee om meer soos Christus te word?

Chuck Swindoll het geskryf: ‘Wat doen die Here om my horisonne te help verbreed en my te help om te sien hoe selfsugtig ek is? Baie eenvoudig: Hy gee my vier besige kinders wat op tone trap, klere kreukel, melk mors, motorvensters lek, en taai lekkergoed op die mat laat val…om ‘n onselfsugtige gesindheid te hê, is teen die kern van ons wese. Dit beteken dat ons gewillig is om ons eie gemak te versaak, ons eie voorkeure, ons eie skedule, ons eie begeertes tot iemand anders se voordeel. En dit bring ons by Christus terug.’

Bron : Radiokansel

Scroll to Top