Vergifnis (2)

Image‘n Klein seuntjie wat stout was, het skelm by die trappe begin op sluip na sy kamer toe sy ma hom vra: “Waarheen dink jy gaan jy, mannetjie?” het sy gevra. “Ek gaan na my kamer toe om met God te praat,” het hy geantwoord. “Is daar nie iets wat jy eers vir my wil vertel nie?” het sy gevra. “Nie eintlik nie,” het hy geantwoord. “Ma sal net kwaad word. God sal my vergewe en daarvan vergeet.” Lank nadat jy dink dat jy iemand vergewe het, is dit steeds moontlik om gegrief te voel.

Hier is ‘n paar leidrade wat aan jou wys dat jy nog goed het om aan te werk: jy word kwaad wanneer jy dink aan wat gebeur het; jy keer jou rug op die betrokke persoon; jy laat die gebeure oor en oor in jou kop en in gesprekke afspeel. Die Bybel sê daar is twee goed wat God nie sal deel nie: (a) Sy eer (sien Jes. 42:8) en (b) sy reg om wraak te neem. Hy sê: “Dit is my reg om te straf; Ék sal vergeld,” (Rom. 12:19, NAV). Moenie sy gesag ignoreer deur self te probeer om iemand met die gelyke munt te betaal nie. Toe mense vir Christus “beledig (het), het Hy nie terug beledig nie maar alles oorgelaat aan Hom wat regverdig oordeel,” (1 Pet. 2:23, NAV).


‘n Wrok boei jou vas aan die persoon wat jou te na gekom het en op die ou end word jy die gevangene! Wanneer jy tob oor iets wat iemand aan jou gedoen het, is jy die een wat daar onder ly – hulle is totaal onbewus daarvan. Dit wat binne-in jou gebeur, is belangriker as dit wat met jou gebeur. Dus: Vergewe, vergeet en beweeg vorentoe!

© Radio Kansel 2008 (www.radiokansel.co.za)

Scroll to Top