
Hier is ‘n paar leidrade wat aan jou wys dat jy nog goed het om aan te werk: jy word kwaad wanneer jy dink aan wat gebeur het; jy keer jou rug op die betrokke persoon; jy laat die gebeure oor en oor in jou kop en in gesprekke afspeel. Die Bybel sĂȘ daar is twee goed wat God nie sal deel nie: (a) Sy eer (sien Jes. 42:8) en (b) sy reg om wraak te neem. Hy sĂȘ: “Dit is my reg om te straf; Ăk sal vergeld,” (Rom. 12:19, NAV). Moenie sy gesag ignoreer deur self te probeer om iemand met die gelyke munt te betaal nie. Toe mense vir Christus “beledig (het), het Hy nie terug beledig nie maar alles oorgelaat aan Hom wat regverdig oordeel,” (1 Pet. 2:23, NAV).
‘n Wrok boei jou vas aan die persoon wat jou te na gekom het en op die ou end word jy die gevangene! Wanneer jy tob oor iets wat iemand aan jou gedoen het, is jy die een wat daar onder ly – hulle is totaal onbewus daarvan. Dit wat binne-in jou gebeur, is belangriker as dit wat met jou gebeur. Dus: Vergewe, vergeet en beweeg vorentoe!
© Radio Kansel 2008 (www.radiokansel.co.za)



