Wat dit ook al verg

oneStep2606

oneStep2606Die woord “vlytig” sluit eienskappe soos harde werk, deursettingsvermoë en ‘n strewe na voortreflikheid in. Die Nuwe Lewende Vertaling stel dit so: “Luiaards begeer baie dinge, maar hulle kry dit nie. Mense wat hard werk, kry alles wat hulle begeer.” Een deskundige sê: “Sukses kom nie daarvan om eenhonderd persent beter te wees as jou kompetisie nie, maar om een persent beter te wees op ‘n honderd verskillende maniere.”

Die sakeskrywer Dale Dauten sê: “As jy in jou besigheid, jou loopbaan of jou lewe kreatief wil wees, kom dit neer op een tree: die ekstra tree. As jy ‘n bekende plan teëkom, vra net een vraag: ‘Wat anders sou ons nog kon doen?'” Om suksesvol te wees, sal jy meer moet doen as waarvoor jy lus is, meer as jou kompetisie, en meer as waartoe jy dink jy in staat is.

Die digter William Arthur Ward het gesê: “Ek sal meer doen as behoort – ek sal deelneem. Ek sal meer doen as omgee – ek sal help. Ek sal meer doen as glo – ek sal prakties uitleef. Ek sal meer as regverdig wees – ek sal vriendelik wees. Ek sal meer doen as vergewe – ek sal vergeet. Ek sal meer doen as droom – ek sal werk. Ek sal meer doen as onderrig – ek sal inspireer. Ek sal meer doen as leer – ek sal verryk. Ek sal meer doen as gee – ek sal dien. Ek sal meer doen as leef – ek sal groei. Ek sal meer doen as ly – ek sal triomfeer.” Jy kan nie die maklikste uitweg volg en steeds jou doelwit bereik nie.

Jy moet doen wat dit ook al verg.

Bron : Radiokansel

Scroll to Top