Vertrou op God se beloftes

future2307

future2307Is beloftes aan jou al verbreek, jy nie betaal nie, die herstelwerk nie gedoen nie, die afspraak nie nagekom nie? Mense sál jou teleurstel. Maar nie God nie, ‘God is die betroubaarheid self…’ (2 Korintiërs 1:18 NLV). Jy kán met vertroue op die vervulling van God se beloftes wag omdat jy wéét dat Hy dit áltyd nakom. James MacDonald sê: ‘Dit is die nié weet nie wat ons verpletter. Ons twyfel…bekommer…verloor moed… struikel em misluk…

As ons net kon weet wat die uiteinde sou wees, sou ons beter af wees. Ons kan ‘n slegte dag hanteer…’n maand… jaar… of dekade…so lank ons weet hoe dit gaan eindig. ‘n Gesondheidskrisis… huweliksprobleme… onsekerheid oor ‘n kind… ons het almal probleme waaroor ons aan God se woorde moet vasklou… Hy weet wat Hy belowe het, Hy kan nie ‘n leuen vertel nie, Hy kan nie vergeet niet. Hy sal op Sý tyd uitkoms gee. Wie anders kan so ‘n belofte maak? Ek wens ek kon sê dat dinge altyd in ons leeftyd perfek uitwerk, maar ek sou lieg…Jy kan nie God se beloftes slegs met hierdie lewe verstaan nie. Jy moet die werklikheid van die ewigheid ook in berekening bring…Die ewigheid bring alles bymekaar…ewige lewe…en die versekering van die hemel is wat Sy beloftes so kosbaar maak.’

Victor Frankl, wat die massamoord op die Jode tydens die Tweede Wêreldoorlog oorleef het, het gesê, ‘Swak geloof word deur verknorsings en katastrofes verswak, terwyl sterk geloof daardeur versterk word.’

Toe klein Tommie Psalm 23 moes voordra het hy met ‘n groot glimlag gesê, ‘Die Here is my herder – en dis ál wat ek weet!’ Dis àl wat jý óók nou moet weet.

Bron : Radiokansel

Scroll to Top