Vra wysheid van God

wisdom1512

wisdom1512God vaardig nie reëls en regulasies vir elke situasie uit nie; Hy verskaf riglyne en beginsels en laat ons toe om sélf te besluit. Hy word verheerlik wanneer ons Hom raadpleeg, vertrou en gehoorsaam. Jakobus skryf, ‘Vra vir God …Hy sal jou eenvoudig daardie wysheid gee …’ (Jakobus 1:5 NLV). Jy begin eers regtig leef wanneer God se wysheid jou lei, en jy sal verbaas oor hoe duidelik sake dan word. Jy sal ook nie langer vrees nie, want jy word nie meer deur omstandighede of die opinies van ander geïntimideer nie. Jy kan jou werk verloor, óf bevorder word, en dit sal jou nie ontspoor nie. Jy kan deur ‘n donker vallei gaan, of die grootste sukses behaal, en jy sal albei ewe goed hanteer omdat die wysheid van God balans, insig en stabiliteit verleen. Hierdie is nie natuurlike eienskappe nie, maar is die neweprodukte van die wysheid wat van God kom.

Ons kry dit ook nie net omdat ons Christene is nie; ons kry dit omdat ons daarom vra. God se wysheid verskaf daardie sesde sintuig vir netelige omstandighede, en krag om voort te beur ten spyte van onbeantwoorde vrae. Het jy vandag wysheid nodig? Bring dan tyd deur saam met die Een wat gesê het, ‘…want Ek sal aan julle die regte woorde en die wysheid gee wat al julle teenstanders nie sal kan opponeer of weerlê nie.’ (Lukas 21:15 NLV). Dit werk so: wanneer Jesus die Meester van jou lewe is, kry jy toegang tot God se wysheid. Saam met die Seun van God kry jy ook die wysheid van God – dis alles deel van die transaksie.

Bron : Radiokansel

Scroll to Top