
Elisa moes sy ploeg (sy finansiële sekuriteit) breek voordat hy ‘n dubbelporsie van God se genade kon ontvang (1 Konings 19:19-21). Maria moes haar albaster fles met duur nardusolie (haar bruidskat en hoop op ‘n huwelik) breek om Christus se aanprysing te ontvang (Markus 14:3-9). Gebrokenheid is duur; dit vind in fases plaas. Berou is die eerste fase. Na sy owerspel met Batseba het Dawid gebid, ‘Die offer wat U wil hê, o God, is ‘n gebroke gees.’ (Psalm 51:17 NLV). Dissipline is die tweede fase. ‘Ek brei my liggaam en dissiplineer dit… Ek wil tog nie, terwyl ek vir ander gepreek het, self deur God gediskwalifiseer word nie.’ (1 Korintiërs 9:27 NLV). Die lasste fase; Intimiteit. Jy wíl bid en Bybel lees want dit bring jou nader aan God. Jy stry egter teen die afleiding om jou en die vleeslikheid in jou. Gebrokenheid beteken eintlik om jou aan God te onderwerp. Dick Rasanen skryf: ‘Liewe Heer, dis vir my so maklik om die een in beheer te probeer wees.
Dis vir my so pynlik om te besef dat ek nié die een in beheer is nie. Help my om te besef dat wanneer ek sê, ‘Ek werk net hier’ dit ‘n belydenis is, en nie ‘n manier om verantwoordelikheid te ontduik nie.’
Bron : Radiokansel (Inhoud aangepas)


